In samewerking met:

MWAH! - Musestar Management - Agter die Mic - Phantasic Studio - Thespians 



Welkom by my website


MY BLOG :

2016: In 'n gat van Dankbaarheid 

Wel, dit was definitief beter as laasjaar. Ek het soveel ervaar en ryker geword. Geld maak miskien die lewe makliker, maar ervarings en gevoelens maak dit die moeite werd. Ek het gelag, gehuil, kwaad geword en baklei en die lekkerste van alles, ek het verlief geraak. Ek het vir mense wat na 'n ander land vertrek "bye" gesê, maar weer 'n vriend verwelkom. Ek het nuwe drome bygekry en hier en daar ander drome aangepas. Ek het vrae gevra en nie altyd verstaan hoekom goed moes gebeur soos wat dit het nie. 

As dit sleg gaan, vra mens die heeltyd hoekom. Jy raak net meer hartseer en kwaad en val dan in 'n gat van bejammering en dit voel of jy nooit daar gaan uitkom nie. Maar as dit goed gaan vra mens nie vrae nie, jy gaan net voort. 

So, voor die einde van die jaar wil ek net 'n paar vrae vra: 

Het ek dit verdien?

Het ek genoeg dankie gesê?

Het ek al my "blessings" raakgesien? 

Het ek vir die mense naaste aan my dankie gesê? 

Daar is nog soveel vrae wat ek probeer beantwoord. Een vraag wat wel altyd moeilik is: "Het ek dit verdien?" Ek sal dit nooit weet nie. Wat ek wel met my hele hart kan sê is: "Ek is en was geseënd" - ten spyte van wat ek gedink het ek verdien. Elke traan en glimlag was die moeite werd gewees en ek kan nie hierdie jaar afsluit sonder om in 'n gat van dankbaarheid te val nie.