In samewerking met:

MWAH! - Musestar Management - Agter die Mic - Phantasic Studio - Thespians 



Die begin 

Franzel is 'n Vrystaatse meisie wat in Bloemfontein gebore is en groot geword het. Sy is die jongste van 5 kinders en het nog altyd 'n liefde gehad vir musiek en dan natuurlik, lewe. Op skool was sy bietjie meer met atletiek en netbal betrokke gewees, maar na skool kon sy uiteindelik haar liefde vir musiek uitleef. Nadat sy op die ouderdom van 17 gematrikuleer het, het sy in 2009, Conference, Exhibition and Event Management geswot by Damelin. Franzel het sedert 2010 gesing en later ook haar eie beisgheid begin: Agter die Mic. Sy is nou deel van die groep MWAH!

Franzel 
Solo - Kunstenaar 

 

In 2010 het Franzel haaar sangloopbaan begin. Sy het elke geleentheid gebruik en het in 2011 haar selfgetitelde debuutalbum uitgebring. Tydens die Vrystaatse Musiek Toekennings is "Speelgoedhuis" aangewys as Liedjie van die jaar. Big Boy records het haar raakgesien en onder leiding van hulle is haar album "Taal van liefde" vrygestel. Hier het sy die geleentheid gehad om saam met Rudi Claase aan die album te werk. Die album was genomineer vir "Beste Pop album deur 'n vroulike kunstenaar" tydens die 2014 GHOEMA Toekeninngs. Sy was ook aangewys as "beste Afrikaanse kunstenaar" tydens die Vrystaatse Musiek Toekennings. Sy het ook 'n Radio and TV Presenting sertifikaat van Oakfields College ontvang in 2016. 


Franzel sing van tyd tot tyd nog as solo kunstenaar, maar jy kan haar nog sien op Youtube. Sy het onlangs 'n duet opgeneem saam met Stephantasties (Voormalige lid van NRG, drummer, guitarist, aanbieder op KyknetNOU se #ChatNOU, Music Producer, akteur) so gaan kyk gerus op YOUTUBE -  https://www.youtube.com/watch?v=SFIUUc2mEBk

_________________________________________________________________________________________________

 

MWAH

www.mwahgirls.co.za

Franzel het in 2015 haar solo loopbaan eers opsy gesit om aantesluit by die meisiesgroep MWAH!. Die twee meisies was ook baie opgewonde toe hulle begin van 2015 aangesluit het by Universal Music. 

Hulle nuwe EP "Nuwe Begin" is nou beskikbaar op iTunes en soos Franzel sê "Dit is 'n stukkie van ons hart. Lewe is vol emosies en ek glo daar is 'n liedjie op die album vir elkeen se emosie."